


Bo van links: Konst. Tazaan Hamman is die ondersoekbeampte in die saak enāTuba Nyamate tree op namens die staat. Regs: Tenspyte van die reĆ«n, het dit nie hofgangers afgesit om die verrigtinge by te woon nie. Fotoās: Angelique Erasmus
Die borgaansoek van twee van die vier beskuldigdes in die beweerde aanranding van drie minderjarige kinders is Donderdag vir die vierde keer in die Oudtshoorn-landdroshof aangehoor, terwyl die ondersoek en hofverrigtinge voortduur.
Die hof het gehoor dat die voorval gevolg het nadat Å foto en boodskap op Å AfriForum-buurtwag WhatsApp-groep gedeel is waarin beweer is dat drie kinders ander kinders wat van hokkie-oefening teruggekeer het, wou beroof. Tot op datum is geen klagtes teen die betrokke kinders by die polisie ingedien nie.
Volgens getuienis wat voor die hof geplaas is, het beskuldigdes nr. 2 en nr. 3 na Indraf-kafee op die hoek van Kruid- en St Saviourstraat gery, waar hulle die kinders gewaar het. Die kinders was na bewering in Šwoordewisseling met die winkeleienaar betrokke nadat Šswartsak met leë blikkies by hulle afgeneem en oor Šmuur gegooi is.
Die hof het gehoor dat een van die kinders na bewering Å groot klip of baksteen in sy hand gehad het en glo die voorwerp na die winkeleienaar wou gooi. Nog voertuie, insluitend Å Ford-bakkie, het kort daarna op die toneel aangekom.
Een van die kinders het weggehardloop, waarna hy glo deur voertuie agternagesit is. Die ander twee kinders is na bewering deur beskuldigdes nr. 2 en nr. 3 op Å bakkie gelaai en het hulle toe op die hoek van Kruid- en Van der Rietstraat stilgehou, waar hulle weer by die ander voertuie aangesluit het.
Die hof het gehoor dat die kinders van die voertuig afgespring het, waarna beskuldigde nr. 2 glo een van die kinders met Å plastiekpyp geslaan het en daarna ook Å tweede kind. Beskuldigde nr. 1 het later op die toneel aangekom en het na bewering die kinders met Å verfbalgeweer geskiet.
Die staat het die ondersoekbeampte, konst. Tazaan Hamman, as getuie geroep as deel van sy teenkanting teen borgtog. Die hof het gehoor dat die ondersoek steeds voortduur, dat daar nog met een van die drie kinders gepraat moet word, en dat Å vyfde persoon nog in hegtenis geneem moet word.
Daar is ook in die hof gehoor dat twee ander gemeenskapsleiers, insluitend Oudtshoorn Munisipaliteit se speaker, Suzane Jansen, die kinders Saterdag na die Oudtshoorn Hospitaal geneem het, en tot 04:00 Sondagoggend by ongevalle deurgebring het sodat hulle behandeling kon ontvang.
Gemeenskapsleier en raadslid Leon Campher is ook deur die staat geroep om te getuig. Campher het Å memorandum met 360 fisiese handtekeninge, sowel as 100 handtekeninge wat op sosiale media verkry is, by die hof ingedien. Volgens hom verteenwoordig dit altesaam 460 gemeenskapslede wat borgtog teenstaan. Campher het Sondag 15 Februarie besoek by die kinders afgelĆŖ.
Lourens Swanepoel, regsverteenwoordiger vir die beskuldigdes, het aangevoer dat Campher die indruk skep dat hy die beskuldigdes reeds as skuldig beskou. Toe Campher oor die video van die voorval uitvra, het die hof hom vermaan en aangesĆŖ om slegs die vrae te beantwoord en by sy redes vir teenkanting teen borgtog te hou.
Swanepoel het verder aan die hof gesĆŖ dat hy Å peiling op ān Noord WhatsApp-groep geplaas het, en dat hy binne twee uur sowat 100 stemme ontvang het wat ten gunste van borgtog was. Hy het aangevoer dat dit die gemeenskap is waarna beskuldigdes nr. 2 en nr. 3 sal terugkeer indien borg toegestaan word.
Die hof het ook gehoor dat beskuldigde nr. 1 sy borgaansoek teruggetrek het nadat dit aan die lig gekom het dat hy in 2023 skuldig gepleit het op Å aanklag van betasting. Hy is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis, maar is later op parool vrygelaat.
Beskuldigde nr. 4 se borgaansoek is reeds verlede week aangehoor, en is hy op R5 000 borg vrygelaat.
As deel van die staat se teenkanting teen borgtog het die staat ook verwys na Å klag wat AfriForum teen Å polisielid ingedien het. Volgens die staat wek die klag kommer oor moontlike inmenging en intimidasie van ooggetuies, aangesien twee van AfriForum se lede na bewering by die voorval betrokke was.
Die saak duur voort, en die hof sal na verwagting verdere getuienis aanhoor voordat Å beslissing oor die borgaansoek geneem word.
Die landdros in die saak is Ntombizandile Maseti, en Tuba Nyamate tree op namens die staat.
AfriForum reageer oor buurtwag en hofbewerings
Die Hoorn het aan Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, ān navraag gestuur na afloop van die week se borgaansoeke oor inligting wat in die hof bekend gemaak is. Hier volg sy antwoorde:
AfriForum het gesĆŖ dat dit nie nodig is om ān lid van die organisasie te wees om deel te wees van ān buurtwag of veiligheidsgroepe op WhatsApp nie, en dat sowat 1 300 inwoners tans deel vorm van die groepe in Wesbank.
Die organisasie het bevestig dat twee van die verdagtes deel is van ān patrolliegroep in hul hoedanigheid as buurtwaglede, maar dat nie alle buurtwaglede noodwendig AfriForum-lede is nie.
Volgens AfriForum is twee stemnotas oor ān beweerde voorval met kinders Vrydag 13 Februarie na die patrolliegroep gestuur, waarin ān inwoner glo beweer het dat kinders skoliere met ān mes gedreig het. ān Afsonderlike boodskap het ook verwys na ān onderonsie by ān plaaslike winkel.
AfriForum het bevestig dat twee van hul lede op die boodskappe gereageer het en aangedui het dat hulle die situasie sou ondersoek.
Met betrekking tot ān klag wat AfriForum by die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) ingedien het, het die organisasie gesĆŖ dit is gedoen voordat hulle bewus was dat die betrokke SAPD-lid ān staatsgetuie sou wees. Die staat het intussen aangevoer dat die klag as moontlike intimidasie van ān getuie beskou kan word, ān bewering waarop die hof nog moet beslis.
AfriForum het verder gesĆŖ dit sal volgens hulle onvanpas wees indien die organisasie se optrede gebruik word om borgtogbesluite te beĆÆnvloed, en het beklemtoon dat hulle vra vir ān regverdige en deursigtige ondersoek sonder enige inmenging.
AfriForum het ook gereageer op bewerings wat in die hof gemaak is dat een van die verdagtes die kinders met ān gaspistool sou gedreig het, en het diĆ© aantygings as āvals en opgemaakā beskryf. Volgens AfriForum is hulle nie bewus van enige verklarings wat so ān aantyging ondersteun nie, en het ander buurtwaglede glo bevestig dat die bewering onwaar is.
Die verrigtinge soos hierbo uiteengesit, was die stand van sake teen druktyd, met die saak wat daarna sou voortgaan. (ANGELIQUE ERASMUS)