World Focus Agri: ’n Geïntegreerde benadering tot grond en gewas

Vir produsente is goeie grondbestuur en optimale plantvoeding al hoe belangriker. World Focus Agri, ’n Suid-Afrikaanse landboumaatskappy met sy fasiliteite in Delmas, Mpumalanga, fokus op produkte wat grondgesondheid, voedingstofbenutting en plantontwikkeling ondersteun.

Die maatskappy se produkreeks sluit onder meer die Calsul-, Calsus- en CCM-produkte, COA Fertigation en die ensiemgebaseerde Glio-reeks – Gliogrow, Gliosense en Gliomax – in.

World Focus Agri se benadering is gebaseer op wat die maatskappy Integrated Plant Energy Management (IPEM) noem. Die benadering kombineer onder meer ensiemtegnologie, kalsium en funksionele koolstof as deel van ’n geïntegreerde strategie vir grond en plante.

Fokus op die grond
Complex Calsus is ’n ultra-fyn kalsitiese kalkproduk wat kalsium en magnesium verskaf. Die produk kan in water gesuspendeer word en deur besproeiingstelsels of met ’n onkruidspuit of rugsakspuit toegedien word. World Focus Agri fokus met Calsus onder meer op die bestuur van die kalsium-magnesium-verhouding, grondstruktuur en vogbeweging. Complex Calsul is ’n ultra-fyn gipsproduk wat kalsium en swael voorsien.

Dit kan as ’n suspensie toegedien word. Die produk vorm deel van World Focus Agri se benadering tot grondverbetering en die bestuur van voedingstowwe in die wortelsone.

CCM (Complex Calcium Magnesium) is ’n ultra-fyn dolomitiese kalkproduk wat beide kalsium en magnesium bevat.

Volgens World Focus Agri kan dit deur besproeiing of ’n onkruidspuit of rugsakspuit toegedien word en word dit gebruik binne bemestingsprogramme wat op grondbalans, struktuur en voedingstofbenutting fokus. Hierdie produkte bied produsente verskillende opsies om spesifieke grond- en voedingsbehoeftes binne hul produksiestrategie aan te spreek.

Koolstof en bemesting
COA Fertigation is ’n koolstofgebaseerde produk wat ontwikkel is vir gebruik in die wortelsone en om grondvrugbaarheid en die effektiwiteit van plantvoeding te ondersteun.
Bemesting – die toediening van voedingstowwe deur ’n besproeiingstelsel – bied produsente die geleentheid om voedingstowwe meer doelgerig volgens die gewas se behoeftes toe te dien. COA Fertigation vorm deel van World Focus Agri se breër fokus op geïntegreerde grond- en wortelsonebestuur.

Die Glio-reeks
Die Glio-produkte bring ’n ander komponent tot die World Focus Agri-portefeulje: ensiemtegnologie.

Volgens die maatskappy word Glio-grow gebaseer op Epipolythiodioperazine (ETP), ’n natuurlike metaboliet wat deur ’n beheerde biologiese proses verkry word. Gliogrow word as ’n plantgroeistimulant gebruik en is volgens World Focus Agri geskik vir verskillende gewasse en groeistadiums. Gliosense en Gliomax vorm ook deel van die Glio-reeks.

Die produkte word binne gewasprogramme op verskillende stadiums van plantontwikkeling gebruik. In die maatskappy se programme vir onder meer uie, uie-saad, neute en tabak word die Glio-produkte volgens spesifieke groeistadiums aangewend.

Die fokus is nie bloot op een aspek van produksie nie, maar op die verhouding tussen grond, wortels, voeding en plantontwikkeling.

’n Geïntegreerde landboubenadering
Vir World Focus Agri gaan moderne gewasproduksie oor meer as net die toevoeging van voedingstowwe. Die maatskappy se IPEM-benadering poog om verskillende komponente van plant- en grondbestuur binne een produksie-strategie te verbind.

Van ultra-fyn minerale produkte vir grondbestuur tot koolstofgebaseerde bemesting en ensiemgebaseerde biostimulante, bied World Focus Agri ’n reeks oplossings wat produsente kan integreer volgens hul gewas, grondtoestande en produksiedoelwitte.

World Focus Agri – Creating Wealth through Innovative Technology.

Vir meer inligting: www.worldfocusagri.co.za.

Be the first to comment on "World Focus Agri: ’n Geïntegreerde benadering tot grond en gewas"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*