Sonskerm – meer as net beskerming teen die son

Beskerming teen die son is een van die beste maniere om veroudering te voorkom. Sonskade kom op verskeie maniere voor. Sonbrand is een van die mees algemene maniere om sonskade te kry. Dit word ook in twee kategorieë geklassifiseer, naamlik, eerste graad wanneer jy soos ’n vars gekookte kreef lyk en jy pyn ervaar. Die tweede graad is wanneer daar blase op jou vel ontwikkel en dieper weefselskade plaasvind.

Het jy geweet dat jou rekenaar, selfoon en selfs TV ook UV strale vrystel, en skade veroorsaak. Jy hoef dus nie in die son te wees om skade aan jou vel te kry nie.

Hierdie soort skade kan lei tot plooie, fyn lyntjies op die gesig en donker vlekke op die vel. Dit vind oor ’n langer tydperk plaas, veral wanneer daar daagliks voor ’n rekenaar skerm gesit word.

Sproete asook melasma word deur sonskade veroorsaak. Melasma kan ook deur hormone donker areas op die vel veroorsaak. Laastens word velkanker ook deur langtermyn blootstelling sonder dat enige beskerming gebruik word veroorsaak.

Persoonlik het ek altyd gedink as ek die son vermy, meestal binne geboue bly en my sonroom aansmeer voor ek in die son kom, is my vel veilig. Groot was die skok toe ek sonvlekke en melasma ontwikkel, ten spyte daarvan dat ek gereeld son beskerm gebruik.

Dit was eers onlangs by ’n werkswinkel wat deur Colorscience aangebied was, en gereeld deur Raynette Schoeman van Scent of a Woman velsorg- en laser kliniek, daar gepraat is oor UV strale binne die huis.
Gelukkig is daar vandag fantastiese produkte op die mark asook behandelings om die skade weer te herstel. Dit is ongelukkig nie ’n proses wat oornag plaasvind nie, en ook nie ’n “one size fits all” pakket nie.

Die goeie nuus is dat dit nooit te laat is om solank te begin om jou veld te beskerm nie. Veral jou gesig. Jy is immers ’n belegging vir jouself. Gaan loer gerus by Scent of a Woman in Hoogstraat 157 in na die ongelooflike Colorscience reeks wat sy daar aanhou.

Die reeks bied nie net mediesegraad beskerming teen die son nie, maar die formule bestaan uit na-tuurlike minerale wat jou vel gesonder laat. En die beste van alles – daar is tans ’n lekker Black Friday- promosie wat Vrydag afskop tot 1 Desember met 20% afslag op die reeks se produkte. Kontak hul gerus by 072 148 7556 vir meer inligting. (ANGELIQUE ERASMUS)