Musiekprogram vir KKNK 2026 word onthul

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vier volgende jaar drie dekades van kuns, kultuur en feestelikheid vanaf 28 Maart tot 4 April op Oudtshoorn.

In die aanloop tot die spesiale fees, word die musiekprogram vir die Feesmark-verhoë vanaf Vrydag 21 November bekend gemaak. Aansoeke vir stalletjies by KKNK30 kan aanlyn ingedien word by www.kknk.co.za.

Enigeen met kunsvlyt of smullekker kosprodukte om te verkoop, word aangemoedig om hul aansoek nou in te dien. Daar wag ook ’n lekker verrassing die Black Friday met groot besparings. Hou die KKNK se sosiale media platforms dop vir meer inligting.