Root’d – goeie natuurlike saad

Bo: Die Root’d-pan, van links staan Erin Galant, Adam Barnard en Mika Katerinic. Besoek gerus hul winkel by Baron van Reedestraat 39 vir ’n verskeidenheid van vars Microgreens. Foto: Angelique Erasmus Onder: Sonneblomsaad vir die doel van Microgreens. Klante en restaurante kan ’n verskeidendheid van vars Microgeens daagliks by Root’d kry. Heel onder: Groente-, kruie-, eetbare blomme- en brandrissiesade asook ander produkte is beskikbaar.

In Baron van Reedestraat 39, sit Root’d. ’n Unieke saadverskaffer wat spesialiseer in die verkoop van hoë kwaliteit groente-, kruie-, eetbare blomme- en brandrissiesaad.

Adam Barnard het tydens Covid-19 vanaf Kaapstad hierheen verhuis, waar hy vir Rooibos African Extracts gewerk het. In Oudtshoorn het hy tydens die pandemie by Cango Wildlife Ranch met hul Bio-Filtrasie Sisteme gaan werk, en dit het sy nuuskierigheid geprikkel. Hy het begin belangstel in Hydroponics en later met Microgreens kennis gemaak.

“Dit is eintlik ’n interessante storie, ek was op pad Nederland toe en het letterlik my vliegtuigkaartjie in my hand gehad, toe familie wat daar bly bel en sê die minister gaan die land op “lockdown” sit. Ek kon daar in ’n woonstel sit, of in Suid-Afrika wag tot die grense weer oopmaak,” vertel Barnard.

Hy haal Psalm 23:2 aan wat bygedra het tot die ontstaan van die winkel en trek gelyk met die vers en sy besigheid. ‘Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.’

So het die interessante pad met verskeie soorte saad vir groente, kruie, Microgreens, eetbare blomme en brand-rissies begin, om persone te help wat kommersieel wil kweek of slegs vir die huis.

“Ons het ’n aanlyn winkel begin waar alles wat jy nodig het vir kommersiële- en tuis groei, te koop is,” vertel hy. Mika Katerinic en Erin Galant het met tyd ook deel geword van die Root’d-span.

Hulle kweek en verkoop ook self by die winkel verskeie Microgreens. Wat is Microgreens? Verskeie soorte saad word vir tussen 7 en 21 dae gekweek. Hierdie sade word spesifiek gekweek vir hul hoë voedingswaarde.

Klein saailinge word dan geoes en gebruik in verskeie disse. Microgreens van beet, radys, sonneblom en ertjies is baie gewild. Microgreens word gebruik deur huishoudings, asook deur sjefs en restaurante. Root’d se saad is onbehandel en vry van skadelike chemikalieë.

Omdat Microgreens so vroeg in hulle leeftyd geoes word, is dit baie belangrik dat saad vry is van enige skadelike chemikalie soos onkruiddoder en plaagdoders. Die saad is ook Nie-GMO (genetiese gemodifiseerde organisme) en het ’n hoë ontkiemingskoers.

Persone wat Microgreens by die huis wil kweek, kan Doen-Dit-Jouself pakkette koop. Root’d verskaf ook grootmaatsaad, Vermiculiet, Perliet, “Coco Peat” en gespesialiseerde groei mediums aan kommersiële groeiers regoor Suid-Afrika. Inwoners is altyd welkom om ook vars Microgreens by hul winkel te kom koop.

Daar is ’n groot verskeidenheid sade beskikbaar. Microgreen en spruitsaad sluit in mostert-, radys-, sonneblom-, ertjie- saad en vele meer in. Groentesaad sluit in variëteite soos preie, beet, en reënboog spinasie.

Daar is ook kruie soos pers basiliekruid, pietersielie en koljander, om maar ’n paar van ’n wye reeks te noem. Unieke eetbare blomsaad soos Afrikaners (Marigold), Kappertjies (Nasturtium) en Gesiggies (Pansy) is ook te koop en dan natuurlik ’n verskeidenheid brand-rissiesaad soos Ghost Peppers, Habanero en Carolina Reaper is onder andere beskikbaar.

Die Doen-Dit-Jouself pakke is veral ’n wenner as dit kom by ’n verjaarsdaggeskenk aan ’n persoon wat daarvan hou om hul eie groente te kweek.

Besoek gerus hul unieke aanlynwinkel by www.rootdsa.co.za, of maak ’n draai agter by Tom’s Mill, Baron van Reedestraat 39, Oudtshoorn van Maandae tot Donderdae van 08:00 – 17:00 en Vrydae tot 14:00.

Volg gerus hul Facebook en Instagram bladsye of skakel hulle op 065 559 4640. Navrae kan ook per e-pos gestuur word na info@rootdsa.co.za.