Midas maak deure oop op Oudtshoorn

Die Midas Oudtshoorn-span staan reg om kliëte te dien. Voor van links is Bernie Anthony (verkope), Lindré-Ann Tarentaal (leerder), Juliana Mackay (admin) en Danielle Jansen (kassier). Agter van links staan James Cupido (drywer), Liaan Hendricks (handelaar-verteenwoordiger/merchandiser), Pieter Bosman (verkope), Riaan de Bruyn (betuurder), Gerald Baatjies (ontvangsklerk), Jacques Berry (verkope) en Freddie de Klerk (leerder).

MIDAS, die grootste naverkope-motoronderdele-franchise in Suider-Afrika, is nou op Oudtshoorn, en al is hul winkel in Hoogstraat – met ’n ingang van Voortrekkerweg agter die Wimpy – reeds ’n tyd­ lank oop, gaan Saterdag, 2 Julie, die amptelike opening van hierdie eenstop motoronderdele- en DIY-handelaar wees.

Die dag beloof om vol spesiale aanbiedinge en opwinding te wees, met produk-promosies wat elke uur gaan verander, en aanbiedinge wat jou beursie gaan laat sing van blydskap.

Saam met ’n reeks verskaffers wat freebies gaan uitdeel vir kliënte, gaan die musikant Basjan sorg vir vermaak. Benewens dit gaan twee gelukkige inwoners die wenners van ’n 12V-boor elk wees met ’n gelukkige trekking.

Sedert die maatskappy se ontstaan in 1983 het hulle ’n huishoudelike naam geword vir spesifiek motoronderdele, met kwaliteit-uitbreidings in die DIY- en klere-wêreld.

Daar is nie ’n oom of agterplaasmotorwerktuigkundige wie se antwoord nie “Midas” is wanneer jy vra waar ’n mens ’n spesifieke voertuigonderdeel kan kry nie.

Vandag het hierdie handelaar meer as 300 winkels landwyd, met verdere takke in Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Swaziland en Zimbabwe. Maak nie saak waar jy jouself bevind nie, daar sal waarskynlik ’n Midas om die draai wees, en met meer as 150 000 onderdeelnommers om van te kies, kan jy feitlik daarvan verseker wees hulle sal hê wat jou voertuig benodig.

Buiten die maatskappy se sterk fokus op motoronderdele, kan kliënte ook ’n wye reeks gereedskap en ander toebehore op Midas se rakke vind. Dit sluit die Midas-reeks in wat ondersteun word deur internasionale handelsmerke en produkte, aangekoop met spesifiek die Suid-Afrikaanse motorgeesdriftige in gedagte.

Met opgeleide en spesialis-personeel aan diens, is jou volgende aankope vir jou motor of selfs die ‘doen-dit-jouself’-projek wat in die huis staan en stof opgaar so maklik as om jou voet in die deur te sit.