Glen Snyman. (Lees meer oor PARC by www.parcsa.co.za.)
Deur Liesel le Roux
’N “EKONOMIESE barometer” is nodig om te bepaal watter Suid-Afrikaners geleenthede nodig het – ongeag hul rassegroep, het Glen Snyman, Oudtshoorniet, stigter en koördineerder van PARC (People Against Race Classification) voorgestel toe hy verlede week ’n gas op ’n geselsprogram op die radiostasie SAFM was.
Snyman en Gabriel Crouse van die Institute of Race Relations (IRR) het met Ashraf Garda gesels oor rasseklassifikasie in Suid-Afrika.
PARC staan die klassifikasie van Suid-Afrika-ners op grond van ras teen. “Ons is almal slegs mense en Suid-Afrikaners,” het Snyman gesê.
Volgens Snyman stereotipeer die idee dat mense op grond van hul velkleur in kategorieë hoort, mense en los dit nie die land se probleme op nie. Dit is ook verdelend.
“Dit is nie die korrekte manier om iemand se identiteit te bepaal nie. Ons moet leer om mense eerstens as mense te sien. Rasseklassifikasie was deel van apartheid. In 1991 is die Bevolkinsregistrasiewet – die wet wat mense in rassegroepe geplaas het – in die parlement verwyder.
“Die vraag wat nou aan die regering gevra moet word, is waarvoor hulle dié statistiek gebruik? Help dit die land se inwoners of word daardeur teen groepe gediskrimineer en geleenthede van hulle weerhou? Hoe lank gaan Suid-Afrikaners nog hieraan onderwerp word? 50 jaar? 300 jaar?”
Snyman het gesê dat wit, bruin en Indiër Suid-Afrikaners weens BEE “tweede kom” met geleent-hede wat nie vir hulle beskikbaar is nie. “Hoe lank nog gaan ons vir ons kinders moet sê hulle moet wag?”
’n “Ekonomiese ba-rometer” wat kan be- paal waar die nood is, is ’n alternatief. Die regering moet weet hoeveel mense bv werk en huise nodig het. Dit is nie nodig om te weet van watter ras hulle is nie.