Oppas vir bome op George

DIE George Munisipaliteit waarsku mense om weg te bly van bome wat lyk asof dit doodgaan omdat honderde bome in die munisipale gebied die stryd teen ’n boorderkewer wat die bome aanval, verloor.

Die munisipale bestuurder, Trevor Botha, het die publiek gevra om versigtig te wees naby bome wanneer die weer sleg is of die wind erg waai; ook wanneer hulle daar wil parkeer.

Die kewer verswak die bome en die gevaar bestaan dat takke mense en voertuie kan beskadig.