
• Witstinkhout – bladwisselend, groei vinnig as beskerm.
• Wildepruim – mooi, immergroen met digte skadu.
• Papierbas – goeie boom vir Oudtshoorn, wye, plat kroon. Groei vinnig.
• Koorsboom – baie goeie boom. Groei vinnig. Blare kan mors.
• Karee – goeie boom. Immergroen. Relatief vinnige groeier. Gehard.
• Vlier – benodig water, maar wonderlike immergroen boom. Effens rypsensitief.
• Witolienhout – goeie bosagtige boom. Groei vinnig, gehard, word tot 4 m hoog.
• Witkaree – semi-immergroen. Groei vinnig. Benodig gereeld water, kan plaveisel lig, baie spasie nodig.
• Wildeperske – groei relatief vinnig. Immergroen.
• Olienhout – groei baie stadig. Immergroen. Doen goed op Oudtshoorn.
• Vaderlandswilg – doen baie goed op Oudtshoorn. Hoofsaaklik immergroen, verloor blare stadig. Het water nodig.
• Bosvaderlandswilg – doen goed op Oudtshoorn. Hoofsaaklik immergroen, verloor blare stadig. Het water nodig.
• Kiepersol – ideaal vir groot areas, nie naby geboue en plaveisel nie agv wortelstelsel. Rypsensitief.
• Soetdoringboom – relatief kortlewend, maar groei vinnig.
• Karooboerboon – stadige groeier. Bloedrooi blomme. Immergroen.
• Huilboerboon – stadige groeier. Bloedrooi blomme. Half-immergroen.
• Kasuur / Bosboekenhout – vaar goed op Oudtshoorn. Immergroen.
• Wilde Kanferboom – relatief vinnige groeier. Bosagtige groeivorm, tot 5 m hoog. Droogtegehard.
• Boomaalwyn – vaar baie goed op Oudtshoorn. Het ruimte nodig.
• Kaapse Essenhout – half-bladwisselende boom. Rypsensitief.
• Karob, Johannes-broodboom – UITHEEMS. Doen baie goed op Oudtshoorn. Droogtebestand. Groei vinnig. Immergroen.
STRUIKE
• Noem-Noem – doringagtige plant met wit blomme wat lekker ruik. Werk goed vir beskerming.
• Kaapse Kanferfoelie – groei baie goed op Oudtshoorn. Geel, helder oranje of salmkleurige blomme.
• Sysalbos – groei goed op Oudtshoorn. Kan gesnoei word as heiningplant. Diepblou, ligblou of wit blomme.
• Pride of de Kaap – rypsensitief
• Spekboom – wonderlike heiningplant. Platgroeiende vorm by kwekerye beskikbaar as grondbedekkers.
• Bitteraalwyn- tipiese Klein Karoo-plant.
• Klapperbos – moenie gekweekte plante koop en probeer plant nie; plante hou nie van versteuring van wortelstelsel nie. Druk saad in grond waar plant moet groei.
• Kurkei – tipiese Klein Karoo-plant.