Brand op Oudtshoorn Proefplaas

Daar word vermoed dat ’n brand wat Maandagaand in die omgewing van die Oudtshoorn Proefplaas uitgebreek het, die gevolg van brandstigting was. ’n Inwoner van die omgewing het aan Die Hoorn gesê daar is na bewering kort voor die brand mense in die omgewing waar dit ontstaan het, gesien. Hoewel veral riete in die rivier erg gebrand het, is geen geboue en huise bedreig nie en is die brand onder bedwang gebring.  • Die Oudtshoorn Brandweer het intussen ’n beroep op boere rondom Oudtshoorn gedoen om nie brande op hul plase toe te laat nie. Geen brandpermitte word tans uitgereik nie as gevolg van die huidige droogte en boetes sal uitgereik word in die geval van brande.                 Foto: Schalk le Roux

Daar word vermoed dat ’n brand wat Maandagaand in die omgewing van die Oudtshoorn Proefplaas uitgebreek het, die gevolg van brandstigting was. ’n Inwoner van die omgewing het aan Die Hoorn gesê daar is na bewering kort voor die brand mense in die omgewing waar dit ontstaan het, gesien. Hoewel veral riete in die rivier erg gebrand het, is geen geboue en huise bedreig nie en is die brand onder bedwang gebring.
• Die Oudtshoorn Brandweer het intussen ’n beroep op boere rondom Oudtshoorn gedoen om nie brande op hul plase toe te laat nie. Geen brandpermitte word tans uitgereik nie as gevolg van die huidige droogte en boetes sal uitgereik word in die geval van brande. Foto: Schalk le Roux