Yekani is nuwe munisipale bestuurder

Mkhululi Yekani, Oudtshoorn se nuut-aangestelde munisipale bestuurder. Foto verskaf

Oudtshoorn se waarnemende munisipale bestuurder, Mkhululi Yekani, is op 1 April op ʼn vaste kontrak aangestel.

Die aanstelling is verlede week in ʼn mediaverklaring van Aurelia Mle, munisipale woordvoerder, bevestig.

Volgens die verklaring is Yekani na afloop van ʼn keuringsproses op ʼn prestasie-gebaseerde vastetermynkontrak aangestel. wat nie langer as een jaar na die volgende plaaslike verkiesing (2026) sal strek nie.

Die raadsbesluit oor Yekani se aanstelling is op 31 Maart tydens ʼn gewone raadsvergadering geneem en daar word tans op instemming van die LUR van plaaslike regering, Anton Bredell, gewag.

“Ons is verbind tot deursigtigheid en sal binne 14 dae ʼn gedetalieerde verslag aan die LUR voorlê soos besluit. Oudtshoorn-munisiplaiteit sien uit na Meneer Yekani se leierskap ter uitbouing van ons visie,” het Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Johan Allers, gesê.