Wes-Kaapse Onderwysdepartement gee borgskap vir hoërskoolleerders
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het dit vanjaar deur ’n borgskap vir verskeie hoërskoolleerders uit die omgewing moontlik gemaak om Oudtshoorn se klassieke musiekfees, Klein Karoo Klassique, by te woon. Hier is matrikulante van Bridgton Senior Sekondêr op Sondag 7 Augustus saam met die klarinetspeler David Cyster van Kraaifontein (middel voor) en die pianis, Megan-Geoffrey Prins van Riversdal (regs voor) na hul vertoning, A Celebration of Youth, in die Oudtshoorn Burgersentrum. Foto: Garnett Wicomb