Wêreldskoonmaakdag: Grobbelaarsrivier getakel

Vrywiligers het gister as deel van Wêreldskoonmaakdag die Grobbelaarsrivier tussen Kerkstraat en Voortrekkerweg op Oudtshoorn getakel. 150 lande neem vanjaar aan dié skoonmaakprojek deel. “Die feit dat hier so baie mense is, is wonderlik,” het Charles Basson, een van die projekorga­niseerders, gesê. Hier is Johnothan Strydom en Obed Ramo­thopo, vrywilligers van die St. Luigi Scrosoppi Sorgsentrum, in die water. Onder die vullis wat in en om die rivier opgetel is, was metaal, glas, plastiek, bottelproppies, kondome en medie­se afval.  Foto Angelique Erasmus