Weldoeners keer brand by Checkers

Bo: ’n Skermgreef vanaf ’n Facebookplasing op die groep Oudtshoorniete Staan Saam. Onder: Die skade was ooglopend, maar beperk. Foto: Lindi Brill

Drie weldoeners het op 17 Junie gekeer dat ’n brand buite Checkers hand uitruk en groot skade veroorsaak toe hulle vinnig opgetree het en al die winkeltrollies verwyder het om seker te maak die brand versprei nie verder nie.

Die brand was gelukkig net aan die buitekant van die gebou en het as gevolg van die helde se vinnige optrede, geen verdere skade aangerig nie.

Die brandweer was ook vinnig op die toneel gewees en het die brand onder beheer gebring. (Deur Lindi Brill)