Wees bedag op skelmstreke oor “agterstallige dienste”

Inwoners word gemaan om nie te reageer op oproepe van mense wat voorgee dat hulle van die munisipaliteit of van Eskom is en dreig om dienste af te sny as daar nie onmiddellike betalings gedoen word nie.

Die munisiplaiteit het die volgende dringende waarskuwing uitgestuur:
Ons is bewus van bedrieërs wat tans mense skakel en voorgee om van die munisipaliteit te wees.
Hulle beweer dat u munisipale rekening agterstallig is en probeer u oorhaal om onmiddellik geld oor te betaal of persoonlike inligting te deel. Moet geen geld oorbetaal nie.

  • Die munisipaliteit sal jou NOOIT telefonies vra om betalings te maak oor die foon nie.
  • Alle kennisgewings oor uitstaande rekeninge word amptelik per pos, e-pos of via die munisipale rekeningstelsel aan jou gestuur.
  • Moet NOOIT jou bankbesonderhede of persoonlike inligting aan onbekende persone verskaf nie.

As jy ’n oproep ontvang wat verdag klink, beëindig die oproep onmiddellik.

Help ons om die gemeenskap te beskerm — deel asseblief hierdie boodskap met jou familie en vriende.