Oudtshoorn-munisipaliteit het op 13 Mei 15 watertenks van 5 500 liter elk, van die Tuinroete distriksmunisipaliteit (GRDM) ontvang. Die skenking is in samewerking met die provinsiale departement van plaaslike ontwikkeling gereël.
Volgens Aurelia Mle, kommunikasiebeampte van Oudtshoorn-munisiplaiteit is die skenking deel van GRDM se watersekerheidsprogram vir munisipaliteite wat watertekorte ondervind.
Volgens Chris Swart, senior bestuurder water en suiweringswerke, sal die watertenks op strategiese punte in Dysselsdorp, De Rust, Stolsvlakte en Klipdrift laerskool geplaas word. In die media-verklaring sê hy: “Met die uitdagings van veral kragonderbrekings en pype wat bars, sal hierdie tenks op strategiese plekke van groot hulp wees aan inwoners van Dysselsdorp en De Rust.” (HANNES VISSER)
Watertenks vir De Rust en Dysselsdorp
Tydens die oorhandiging van die watertenks is, van links: Andrew Stroebel (burgemeester van GRDM), Ashwill October (GRDM-raadslid), Jacques Lekay (Oudtshoorn-munisipaliteit), Chris Swart (Oudtshoorn munisiplaiteit), Gerhard Otto (GRDM) en Jobieth Hoogbaard (GRDM-raadslid). Foto: GRDM kommuniekasie-afdeling