Hy was ’n briljante wiskunde-onderwyser en daarom vergelyk hy hom met William Smith, die man van Knysna wat destyds ’n wiskunde-program op TV aangebied het.
So het Vaughan Muller, jarelange vriend van wyle Charles Wentley (68), voormalige wiskunde-onderwyser aan die Hoërskool Môrester, gesê.
Wentley is op 11 Mei na ’n kort siekbed oorlede en is verlede Saterdag vanuit ’n stampvol Volkskerk van Afrika begrawe is.
Volgens Muller het sy vriend van oor die 40 jaar ’n ander inslag gehad om die vak aan te bied. Oud-kollega, Hazel Jonker, het Wentley beskryf as iemand wat respek vir almal gehad het.
As onderwyser was hy ’n man met ongelooflike werksvermoë wat altyd net wou help.
Nog ’n oud-kollega en vriend. Roy Smith, het in sy huldeblyk gesê Wentley was ’n streng onderwyser met ’n sagte hart. Sy liefde vir die onderwys en veral Wiskunde, was iets besonders.
Wentley laat sy vrou, Mercia, twee kinders, Peter en Carlene, en vier kleinkinders agter. (GARNETT WICOMB)
Bekende wiskunde-onderwyser sterf
