DIE Wapenstilstanddag is op Sondag, 12 November by die Infanterieskool op Oudsthoorn gevier.
Lede van die Moth klub in Oudtshoorn, Panserbond en SA Weermagvereniging lede het die vieringe bygewoon. “Poppy Day” word elke jaar op 11 November gevier ter herinnering aan die wapenstilstand wat op 11 November 1918 om 11:00 begin het tydens die Eerste Wêreldoorlog, met die aanvang van die vredesonderhandelinge.
“Hul het hul lewens gegee, sodat ons ’n toekoms kon hê.
Hul drome was nooit vervul nie. Terwyl ons lewe en tot ons sterwe. Sal ons onthou!”. (Deur Lindi Brill)
Wapenstilstanddag by Infanterieskool gevier
