Francois en Sandra Marais, nu-we Stuurpaar van die Oudts-hoorn Vryburgers Korps.
Conrad Botha (middel), uitredende nasionale president van die Vryburgers, en Visser Bezuidenhout (naasregs), inkomende nasionale president, het drie nuwe plaaslike Vryburgers ingehuldig. Hulle is Barend Smit (links), John Lourens (naaslinks) en Gernes Claassen (regs).
Die Vryburgers van Suid-Afrika het die naweek van 7 tot 9 Mei hul Burgerraad, soos hul nasionale byeenkoms genoem word, op Oudtshoorn by die Riempie Hotel gehou.
Die Burgerraad is op ’n kleiner skaal aangebied om te voldoen aan al die Covid-19-voorskrfte.
Die hele nasionale bestuur van die organisasie, bekend as die Dagbestuur, was teenwoordig saam met verskeie Vryburger Korpse van reg oor die land, selfs van so ver as Rustenburg.
Die Saterdagaand by die formele dinee is daar drie nuwe lede ingehuldig by die Oudtshoorn Korps.
Die nuwe stuurpaar vir die Oudtshoorn Korps, Francois en Sandra Marais, is ook ingehuldig.
Die inhuldigings is behartig deur die inkomende Nasionale President van die Vryburgers, Visser Bezuidenhout. Hy is bygestaan deur die uitredende Nasionale President Conrad Botha.
