Politieke winde van verandering begin in Kannaland waai

Die interimbestuur van die nuutgestigde Kannaland Independant Party. Foto: Deon Meyer

KANNALAND se onvoorspelbare politieke landskap kan dalk binnekort nog ’n politieke rolspeler bykry.

’n Nuwe politieke beweging wat hulself die Kannaland Independant Party noem, het reeds begin met werwing vir die party.

Hy het al ’n lys met meer as 200 lede en verwag die pioniers dat groei vinnig gaan toeneem.

Die nuwe party wat lede van beide Icosa en die ANC gewerf het, se teikengroep is veral jonger kiesers, maar volgens Rodge Albertus, stigterslid, gaan hulle stemme onder mense van alle ou-derdomsgroepe en uit alle gemeenskappe werf.

Volgens hom is daar verskeie redes waarom hulle voel daar is ruimte vir ’n nuwe politieke party. Dit sluit volgens die nuwe party onder meer die volgende in:

• Die munisipaliteit gaan al meer as 20 jaar gebuk onder swak bestuur as gevolg van die eiebelang van politici.
• Die huidige politieke bestel het ’n gebrek aan jong leiers.
• Dienslewering is gebrekkig en geen huise word meer gebou nie.
• Jongmense van Kannaland is werkloos en is dors na verandering.

Volgens nog ’n stigterslid, David Opperman, geniet hulle ook die steun van gerespekteerde ouer inwoners.
“Inwoners gaan beslis meer van die party hoor!” (Deur Deon Meyer)

Be the first to comment on "Politieke winde van verandering begin in Kannaland waai"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*