15 jaar vir moord op vriendin

’N MAN van Bongolethu wat die vrou saam met wie hy vier jaar gewoon het, met ’n mes in die nek gesteek en aan moord skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn Streekhof 15 jaar tronk toe gestuur.

Xolile Blom (37) het Cornelia Hen­dricks, ’n ma van drie kinders, op 2 Februarie 2020 met ’n mes in die nek gesteek.

Blom het getuig dat hy en die oorledene in ’n woordewisseling was omdat hy vroeër die dag saam met vriende bier gaan drink het. Sy was besig om groente te skil en wou hom glo met die mes steek. Hy het gekeer en later die mes by haar afge­neem, maar kon nie verduidelik hoe sy die steekwond opgedoen het nie.

’n Dokter het getuig dat die steekwond met erge geweld toegedien is en nie ’n ongeluk kon gewees het nie.

Streeklanddros Sylvia Mandla het Blom se getuienis as vals verwerp en gesê hy toon geen berou nie. Volgens haar kon sy geen buitengewone omstandighede vind om ’n ligter vonnis as die voorgeskrewe minimum van 15 jaar op te lê nie. (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "15 jaar vir moord op vriendin"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*