Vrou wat babaseuntjie vermoor môre gevonnis

DIE ma van drie kinders van Dysselsdorp wat skuldig bevind is aan die moord op haar pasgebore babaseuntjie, word môre (Vrydag 18 Junie) in die Oudthoorn Streekhof gevonnis.

Haroldene Korkee (42) het op 15 Oktober 2019 geboorte aan die seuntjie geskenk. Volgens mediese verslae het die kind versmoor.

Korkee het na haar skuldigbevinding al drie keer van regsverteenwoordiger verander. Streek­landdros Ntsoki Moni het haar die laaste keer gewaarsku dat sy sonder een gevonnis kan word.

Sy het ’n vorige veroordeling op haar rekord nadat sy in Augustus 1999 aan poging tot moord skuldig bevind en ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê is. Sy is tans in aanhouding. (Deur Garnett Wicomb)