TWEE mense van Oudtshoorn is Dinsdag (12 Oktober) beseer toe ’n voetganger in Dassieweg, naby die sirkel na Smartie Town op Oudtshoorn, raakgery is.
Volgens sersant Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die bestuurder van ’n wit Nissan omstreeks 12:50 in die straat gery toe ’n voetganger oor die pad geloop en deur die motor getref is.
Die omvang van hul beserings is tans onbekend, maar die voetganger moes per ambulans hospitaal toe geneem word. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Voetganger, motoris beseer in Dassieweg-ongeluk
Die toneel in Dassieweg, naby die sirkel na Smartie Town op Oudtshoorn.
Foto: Ebenezer Titus