
DIE Polisie op Oudtshoorn is steeds op soek na die volgende persone wat oor jare as vermis aangemeld is. Enigiemand wat inligting het oor enige van die persone op die lys kan ao Karin Meyer kontak by tel 044 274 4400 of sel 082 587 9359 of die polisie by 10111 skakel.
Volgens ’n verklaring van die polisie mag van die mense verkies om nie terug te keer huis toe nie, maar is dit steeds die polisie se verantwoordelikheid om hulle op te spoor.
1. Dail Agulhas, Asterhof 1097, Bridgton – vermis sedert 8 Junie 1998. Sy is laas op die George-pad by Waboomskraal gesien.
2. Andrew Baardman, 15de Laan 1991, Bongolethu (geboortedatum, 17 April 1958) – vermis sedert 23 Mei 2002. Baardman het die huis verlaat en nooit weer teruggekom nie.
3. Elizabeth Gelant, Dassieweg 1004, Bridgton. (ID 4912250511088) – vermis sedert 16 November 2014. Gelant het die huis verlaat en nooit weer teruggekom nie.
4. Piet Maswatie, Abrahamstraat 134, Bridgton – vermis sedert 16 Julie 2015. Maswatie het die huis verlaat en nooit weer teruggekom nie.
5. Bevan Leonards, Du Plessisstraat, Bridgton. Vermis sedert 7 Januarie 2009. Hy is geestelik gestrem en het voorheen weggeloop Dysselsdorp toe.
6. Awie Bruintjies, Groenberg-plaas – vermis sedert 18 Januarie 2016. Bruintjies het die huis verlaat en nooit weer teruggekom nie.
7. Adrian Coerecius, Steenbokweg 1211 – vermis sedert 24 Januarie 2019. Coerecius het die huis verlaat en nooit weer teruggekom nie.
8. Isak Swartbooi – vermis sedert 2001.
9. Dorothy Ezane, Mooiuitsiglaan 06, Oudtshoorn – vermis sedert 2006.