Landbouweekblad het Dinsdag 100 jaar oud geword en in die eeufees-uitgawe wat tans te koop is, is ’n hele paar voorblaaie van Oudtshoorn en De Rust, soos hierdie een van 21 Augustus 1956! Die onderskrif lui: Marieta Meyer van Volmoed, Oudtshoorn, met ’n maandoue kuiken wat reeds pure volstruis is. Die broeimasjienboer mnr. Bertie Meyer broei jaarliks 1 200 eiers in broeimasjiene uit, en nog sowat 1 500 eiers onder sy volstruise. Foto: M.J. (Thys) Uys. (Die eeufeesuitgawe kos R80 en is 228 blaaie dik, met ’n eeu se stories oor onder meer bekendes, tegnologie, kos, leefstyl, rampe en rekordoeste.)