Die tussenverkiesing in Wyk 9 Dysselsdorp wat vakant geraak het met die bedanking van die PA raadslid, Bertram Jantjies, vind Woensdag 4 Desember plaas.
Jantjies staan nou as kandidaat vir die DA waarby hy na sy bedanking aangesluit het. Drie ander kandidate gaan die verkiesing beveg.
Hulle is Johanna Christina Olivier (ANC), Flerencia Phillipina Abrahams (PA) en Hendrik Botha (Onafhanklik) Daar kan op 4 Desember by die volgende stemlokale gestem word: Dysselsdorp Sekondêre skool, Kolping House in Adonisweg, Volkskerk by Stolsvlakte en Rodewal UCC primêre skool Schoemanshoek.