Verkeerseiland word ‘aangeneem’

’n Wynkelder van Oudtshoorn, Karusa, het nou ook die hand opgesteek om die verantwoordelikheid te aanvaar vir die verfraaiing en instandhouding van een van Oudtshoorn se verkeerseilande! Hier lei Jacques Conradie, wynmaker van Karusa, en nog ’n werknemer, Marshal Malgas, Dinsdagmiddag dié verkeerseiland in Parkweg waar dit by Voortrekkerweg aansluit, se splinternuwe plante met gesuiwerde rioolwater nat. Werk aan die verkeerseiland het die oggend afgeskop en is nog nie voltooi nie. Conradie het ander besighede op Oudtshoorn uitgedaag om ook betrokke te raak by die verfraaiing van die dorp se verkeerseilande en net soos Karusa ’n verkeerseiland “aan te neem”. Foto: Liesel le Roux

Be the first to comment on "Verkeerseiland word ‘aangeneem’"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*