Verkeersafdeling bly gesluit na Covid-19-geval

DIE Oudtshoorn Verkeersdepartement is voorlopig tot 3 Augustus gesluit nadat ’n personeellid positief getoets is vir Covid-19.

Die kantoor is op Maandag 20 Julie 2020 gesluit en sou aanvanklik gister (Woensdag 22 Julie) weer geopen het, maar nadat bevestig is dat ’n personeellid positief getoets het, is die opening uitgestel.

Na verneem word, moet ander personeel wat in aanraking was met die betrokke personeellid ook nou eers getoets en op hul uitslae gewag word. (Deur Liesel le Roux)