Die munisipaliteit het hierdie week begin om padtekens aan te bring by kruisings van strate wat onlangs herseël is.
Talle inwoners het die afgelope aantal weke gekla oor veral kruisings in Hoogstraat en Jan van Riebeeckweg waar padmerke nog nie aangebring is nadat die paaie herseël is nie. Aurelia Mle, kommunikasie-beampte van die munisipaliteit, het hierdie week die versekering gegee dat verfspanne besig is om lyne by al die kruisngs aan te bring.
Motoriste word gevra om krui-sings as vierrigting stopstrate te hanteer.
Daar is nog gedeeltes waar nog ’n laag seëlmiddel (slurry) aangebring moet word voordat die verfwerk gedoen kan word. (HANNES VISSER)
Verfspanne pak kruisings

Be the first to comment on "Verfspanne pak kruisings"