Die Hoorn het navrae aan die waarnemende munsipale bestuurder en die uitvoerende burgemeester gestuur t.o.v kwessies wat Dinsdag deur opposisieleier, rdh Chris Macpherson, in ’n mediaverkalring geopper is.
Die verklaring is aan die burgemeester gestuur en Die Hoorn het navraag gedoen oor drie van die kwessies in die verklaring, te wete die tydelike aanstelling van Ian Avontuur as direkteur van gemeenskapsdienste, die heraanstelling van vyf werknemers wat verlede jaar afgedank is en beweringe dat ’n amptenaar in die kantoor van die burgemeester tydens kantoorure vanaf munisipale telefone werk vir die VF+ doen en dat sy nie kantoorgebonde is soos wat van amptenare vereis word nie.
Aurelia Mle, woordvoerder van die munisipalitiet het Woensdag gevra dat geleentheid tot volgende week gegun word vir reaksie van die munisipaliteit en die burgemeester.
Derhalwe word die volledige berig tot volgende week teruggehou. (HANNES VISSER)
Munisipaliteit vra tyd vir reaksie

Be the first to comment on "Munisipaliteit vra tyd vir reaksie"