Die Oudtshoorn-raad het tydens ’n spesiale raadsvergadering op 14 Januarie ’n voorstel aanvaar vir ’n skikkings-ooreenkoms met Walter Hendricks, die munisipale bestuurder wat verlede jaar op 16 September tydelik geskors is.
Die onmiddelike aanstelling van ’n waarnemende munisipale bestuurder, Mkhukuli Yekani, op dieselfde dag, het talle vrae ontlok.
Een van die vrae was waarom belas-tingbetalers nog ’n salaris moet betaal terwyl ’n direkteur tydelik in die pos kon waarneem.
Hendricks het in reaksie op sy skorsing gesê daar was 11 klagtes teen hom, maar dat hy van die klagtes nie gesien het nie en ook nie geleentheid gegun is om daarop te reageer nie.
Hy het toe reeds aangedui dat hy regsadvies ten opsigte van sy skorsing gaan inwin. Intussen het Hendricks en Yekani vir drie maande albei salarisse verdien.
Die besluit om met Hendricks te skik ten einde regskostes en hofgedinge te vermy, is tydens die raadsvergadering op 14 Januarie aan die raad voorgelê alhoewel die skikking skynbaar reeds in Desember onderteken is.
In reaksie op navrae van Die Hoorn verlede week, het Yekani die volgende verklaring gestuur:
“Die Raad het besluit om klagtes teen mnr. Hendricks in te dien, en ’n dissiplinêre verhoor is gereël.
Mnr. Hendricks het egter nie die verhoor bygewoon nie en het aangedui dat hy die saak na die Arbeidshof wil verwys.
’n Skikkingsvoorstel, wat as vertroulik geklassifiseer is, is eenparig aanvaar deur die DA, ANC, Vryheidsfront Plus, Icosa, Advieskantoor, Saamstaan, Good en PA. Die redes vir die aanvaarding sluit die volgende in:
i. Die moontlike regskoste wat deur belastingbetalers gedra moet word, kon meer as R3 miljoen beloop indien die saak na die Arbeidshof verwys word.
ii. Die salaris wat tydens die skor-singstydperk betaal word, kan die skikkingsbedrag oorskry.
iii. Die verlenging van die proses sou ’n finansiële impak hê op die admini-strasie, aangesien ’n waarnemende be-stuurder addisionele vergoeding vereis.
iv. Die Raad is daartoe verbind om koste so laag as moontlik te hou.
Inligting wat Die Hoorn uit verskeie bronne ontvang het dat die skikkingsbedrag met Hendricks R950 000 beloop, kon nie amptelik bevestig word nie. (HANNES VISSER)
Munisipaliteit skik met vorige munisipale bestuurder

Be the first to comment on "Munisipaliteit skik met vorige munisipale bestuurder"