
Volgens mediaverklaring van die Wes-Kaap SAPD het lede van die Attaqua K9-eenheid Saterdag 25 Februarie gereageer op inligting van ’n voertuig wat met ’n besending dwelms vanaf Oudtshoorn onderweg was. Die motor is op die R62 voorgekeer.
Tydens die deursoeking is 100 Mandrax-tablette en 10 gram Tik ontdek. ’n Man van 61 is in hegtenis geneem.
Op dieselfde dag het polisielede van Dysselsdorp, Calitzdorp, Attaque K9-eenheid en provinsiale verkeersbeamptes sowel as misdaadintelligensie-lede voertuie by die ingang van Calitzdorp afgetrek vir inspeksie. Met die inspeksie van ’n minibus-taxi is 100 Mandrax-tablette in besit van een van die passasiers gevind. Die 36-jarige man is in heegtenis geneem op ’n klag van handel in dwelms. Nog ’n persoon (32) is met ’n klein hoeveelheid dwelms aangekeer.
Al drie verdagtes was in aanhouding en het Maandag, 27 Januarie, in die hof op Caitzdorp verskyn.
Tydens die optrede is sewe voertuigeienaars ook beboet vir oortredings. Die totale boetegeld was R9 600.
Volgens die polisieverklaring is hierdie optredes deel van verskeie operasies om ernstige misdade wat veral oor naweke plaasvind, te beperk.
Be the first to comment on "Drie in Calitzdorp aangekeer vir dwelmhandel"