OUDTSHOORN se bekende aktivis wat hom reeds jare lank beywer vir die verwydering van enige vorm van rasseklassifikasie, Glen Snyman, be-oog die stigting van ’n nuwe nasionale politieke party.
Snyman, ’n onderwyser en ook die stigter van die nasionale organisasie People Against Race Classification (PARC), sê egter hy gaan nie oor-haastig optree en beslis nie aan die komende plaaslike verkiesings deelneem nie.
“Mense is egter tans baie politiekbewus en ek het daarom gedink dit is die regte tyd om die party te loods. Die naam sal in ’n later stadium bekend gemaak word.”
Hy sê die party wat hy visualiseer se aanvanklike doelwit sal wees om misdaad te bestry, met ’n uiteindelike doelwit ook die verwydering van rasseklassifikasie.
Enigiemand wat met Glen oor die nuwe party wil kontak maak, kan hom by glensnyman1@gmail.com of 072 342 4926 kontak. (Deur Liesel le Roux)
Van aktivis tot politikus
Glen Snyman