Pieter Fourie (81) oorlede

Pieter Fourie, die eerste uitvoerende hoof van die KKNK (tussen Julie 1994 en Desember 1999), en een van die swaargewigte wat die fees op die been gebring het, is Sondagaand in sy huis op Onrus naby Hermanus oorlede. Fourie (81) was ’n veelbekroonde en gepu­bli­seerde dramaturg en wenner van die Hertzogprys vir sy drama-oeuvre. Hier gesels Fourie tydens die bekendstelling van die 25ste KKNK in 2019 op Oudtshoorn. Fourie en sy vrou Mallet, wat hy op Oudts­hoorn ontmoet het, het nadat hulle die dorp verlaat het, nog gereeld hierheen gereis om vertonings en ander gebeurtenisse rondom die kunste by te woon. Foto: Schalk le Roux