Die saak teen die 23-jarige Johannes Hendrik Schoeman van Buffelsdrift wat tereg staan op twee klagtes van strafbare manslag, is verlede week in die Oudtshoorn streekhof tot 24 Julie 2025 uitgestel omdat steeds gewag word vir besonderhede van ’n forensiese verslag wat deur die verdediging aangevra is.
Schoeman was die bestuurder van ’n Toyota Hilux bakkie wat na bewering op 9 Maart 2024 op die De Rust-pad van agter met ʼn Volkswagen Golf gebots het.
Die 38-jarige Henrico Plaatjies en sy suster, Marisa, is in die botsing dood. Hul broer, Connery, en Plaatjies se vrou, Jestine, was ook in die motor maar het die ongeluk oorleef.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en Schoeman is op waarskuwing. (GARNETT WICOMB)