Die lang uitgerekte verhoor van die Rabie-egpaar, Marthinus en Elmarie, wat teregstaan op 37 aanklagte van bedrog, en wat vir die betoogshoofde van die staat en die verdediging tot Dinsdag 12 November uitgestel was, moes uitgestel word omdat die beskuldigdes glo nie oor die nodige fondse beskik om hul regsverteenwoordiger te betaal nie.
Streeklanddros Daniel Boks het die partye versoek om ’n oplossing te vind omdat die saak nou al so lank voortduur en afgehandel moet word. Die saak is tot 13 Desember uitgestel.
Marthinus Rabie, ’n voormalige tegnikus by die Wes-Kaapse Departement van Landbou by die Oudtshoorn proefplaas, en sy vrou het glo tussen 2006 en 2008 hulself verryk met staatstenders wat op slinkse wyse bekom is vir die vrou se twee beslote koöperasies, Attakwa en Gwaiing Ontwikkelings.
Die egpaar is op waarskuwing en daar is reeds vroeër deur die staat beslaggelê op van hul eiendom. (GARNETT WICOMB)
Uit die hof: Bedrogsaak uitgestel weens geldprobleme
