TWEE wyne van De Krans Wynkelder van Calitzdorp het uitgeblink in hul afdelings by die onlangse National Wine Challenge/Top 100 SA Wines. Die uitslae is op 6 Mei bekend gemaak.
Die Cape Vintage Reserve 2018, ’n portstylwyn, het ’n dubbelplatinumtoekenning gewen en ook ’n plek onder Suid-Afrika se 100 topwyne van 2020, terwyl die Tritonia Calitzdorp Blend 2018 met dubbelgoud bekroon is.
Volgens De Krans se wynmaker, Christoff de Wet, is die Cape Vintage Reserve 2018 ’n volronde port wat vir ten minste 30 jaar verouder kan word. Die Tritonia Calitzdorp Blend 2018 is ’n versnit van Portugese druifsoorte, waaronder Touriga Nacional, Tinta Roriz, Tinta Barocca en Tinta Amarela.
Twee wyne van De Krans blink uit!
