Twee van Oudtshoorn in sop oor WhatsApp-groep

MEDIA 24, bekende mediagroep van publikasies soos Sarie, Huisgenoot, Die Burger en Rapport, het ’n hofinterdik teen twee vroue van Oudtshoorn, Christina Catharina Gorgens (57) en Leanda van den Bergh (56) verkry.

Die vroue is administrateurs van ’n WhatsApp-groep waar verskeie pdf weergawes van die groep se publikasies versprei is aan honderde lede van die groep.

Volgens ’n mediaverklaring deur Ishmet Davidson, hoof uitvoerende beampte van Media 24, lei die industrie miljoene rande se skade weens die onwettige verspreiding van verskeie publikasies op onderandere whatsApp-groepe.

Dit het ’n groot finansiële inpak op die kwaliteit joernalisme en beïnvloed die lewensvatbaarheid om aan te hou om koerante en tydskrifte te laat druk.