Twee mans vas wat angorabok steel en slag

VEEDIEFSTAL in die streek het Saterdagaand ’n terugslag gekry toe lede van die Uniondale Polisie se landelike veiligheid twee mans wat ’n Angorabok in die veld geslag het omstreeks 22:50 vasgetrek het

Die mans, onderskeidelik 23 en 49 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde eiendom.

Volgens sers Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Kaap Po­lisie, word die saak verder ondersoek deur die Oudtshoorn Veediefstaleenheid. Die voorlopige ondersoek ver­bind die dier aan ’n nabye plaas waar die diefstal van so ’n bok aangemeld is.