DIE tugverhoor van Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, wat Maandag sou begin het, is ’n tweede keer uitgestel.
Dié interne tugverhoor deur die DA wat Sylvester as burgemeester aangestel het nadat die party die plaaslike verkiesing in 2016 op Oudts-hoorn gewen het, sal nou glo eers in 2020 plaasvind.
Die verhoor is na verneem word uitgestel na die dood van ’n nabye familielid van Sylvester.
Die verhoor is wat aanvanklik op 20 November sou begin het, is toe ook uitgestel nadat nadat Sylvester na verneem word die DA se Federale Raad in kennis gestel dat hy meer tyd nodig het om hom voor te berei en vir ’n meer gedetaileerde klagstaat gevra het.
Nie Sylvester of die DA het gereageer op verskeie navrae van Die Hoorn oor die uitstel van enige van die verhore nie.
Deur Liesel le Roux