DIE verhoor van vier verdagtes in die transitoroofsaak waartydens ’n sekerheidswag op 19 Julie 2021 by die Atlantic Oil-vulstasie in Bridgton van sy vuurwapen en R86 000 kontant beroof is, is Vrydag in die Oudtshoorn Streekhof tot einde vandeesmaand uitgestel vir een van die verdagtes om regshulp te kry.
Simphiwe Matwa (41), Lwandiso Lento (36), Masixole Dolomba (27) – almal van George – en Sakhele Nkabi (36 ), ’n weermagkaptein, staan tereg op klagtes van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van van ’n vuurwapen en ammunisie en die onwettige besit van ’n ongemagtigde vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is. (Deur Garnett Wicomb)
Transitoroofsaak sloer steeds
