Toe vat vragmotor die pad … skool toe!

Die vragmotor waar dit teen ’n skoolmuur tot stilstand gekom het. Foto: Angelique Erasmus

’N MUUR om die Laerskool Van Reede op Oudtshoorn was Maandagoggend die slagoffer toe ’n munisipale vragmotor wat in Hoogstraat geparkeer was, aan die loop gegaan het.
Die vragmotor het sowat 100 m ver (veilig) op sy eie geloop – verby ander voer­tuie – voordat dit teen die muur tot stilstand gekom het!
Volgens Eric Tsotetsi, die bestuurder van die vragmotor, het hy in Hoogstraat geparkeer vir die herstel van ’n gat in Hoogstraat oorkant die kantore van Metro City Protection Services.
Hy vertel hy het die handrem opgetrek voordat hy uitgeklim het.
Agterop die vragmotor was teer vir die herstelwerk van die pad.
Toe die vragmotor egter op sy eie straat af begin ry, kon omstanders nie hul oë glo nie. ’n Passasier wat nog in die vragmotor was, het uitgespring. Niemand is gelukkig ernstig beseer nie. (Deur Angelique Erasmus)

Be the first to comment on "Toe vat vragmotor die pad … skool toe!"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*