Tiener van Calitzdorp kry huisarres

’n 19-jarige man van Calitzdorp, wat op die ouderdom van 16, ’n 10-jarige meisie seksueel aangerand het, is verlede Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof ’n opgeskorte vonnis opgelê, wat 24-uur huisarres vir drie jaar insluit,

Streekslanddros Daniel Boks, het die beskuldigde volgens die Kinderwet gevonnis en benadruk dat direkte gevangenisstraf vir minderjariges nie onvanpas is nie.

Hy is ook gewaarsku dat ’n opgeskorte vonnisse deur die hof in werking gestel sal word as die voorwaardes nie nagekom word nie. Die beskuldigde het op 22 Augustus 2023 die meisie wat na skool huis toe gestap het, voorgekeer, op die grond neergegooi, haar broek probeer losmaak en betas.

Die hof het sy kommer uitgespreek oor die feit dat die beskuldigde tot die einde volgehou het dat hy onskuldig was, ten spyte van verdoemende getuienis voor die hof. Hy het ook tydens die verhoor geen berou getoon nie, en in die hof manhaftig probeer wees.

Die klaagster het op 14 jarige ouderdom getuig dat sy na die voorval nie meer skooltoe gaan nie. Die slagoffer impakverslag sê dat sy verneder is. Hy is ook gewaarsku om nie die Calitzdorp-distrik te verlaat sonder die medewete van korrektiewe dienste en nie gebruik maak van drank en dwelms nie. (GARNETT WICOMB)