‘Thunder Tour’ donder deur Oudtshoorn

Die 2022 Thunder Tour het Donderdag-oggend, 4 Augustus deur Oudtshoorn gery, met sommige van die deelnemers wat hier brandstof kom ingooi het op pad na hul volgende bestemming \. Onder meer klassieke voertuie, sogenaamde "muscle cars", sowel as "supercars" het aan die toer deelgeneem. Een van die voertuie was hierdie interessante skepping, wat soos 'n kleiner weergawe van 'n vragmotor lyk - al wat hy kort is 'n kleiner weergawe van 'n vrag-sleepwa. Foto: Stefan Skapie Goosen