Die kontrak vir die bestuur en ontwikkeling van die Oudtshoorn-lughawe is aan TFASA (Test Flight Academy of South Africa) toegeken.
Die kontrak met die munisipaliteit is op Woensdag 4 September onderteken. Die kontrak is vir 9 jaar en 11 maande geldig.
’n Komitee waarvan die munisipaliteit deel sal wees en onder voorstitterskap van TFASA sal gestig word.
Willie Marais wat etlike jare in Oudtshoorn gewoon het en oor uitgebreide kennis en ervaring van lugvaart beskik, is as lughawebestuurder aangestel.