SUID-AFRIKA is sedert middernag Dinsdag weer op Vlak 3 van die inperking.
Die aandklokreël is met ’n uur vervroeg en Suid-Afrikaners moet nou saans tussen 22:00 en 04:00 tuis bly. Restaurante en winkels se deure moet voortaan om 21:00 sluit.
Drank kan tydens Vlak 3 slegs van Maandag tot Donderdag tussen 10:00 en 18:00 deur drankwinkels verkoop word, en nie op openbare vakansiedae nie. Kroeë en resaurante mag drank verkoop wat op die perseel gebruik word.
Byeenkomste word kleiner met slegs 50 mense binnenshuis en 100 buitenshuis.
Suid-Afrika terug na Vlak 3
