Streng waterbeperkings terug

image description

MET die vlak van die Raubenheimerdam wat die week tot onder 40% van sy kapasiteit geval het, geld baie streng vlak 5-waterbeperkings nou in die Groter Oudtshoorn. Die Raubenheimerdam het Dinsdag op 39,97% gestaan.

Hoewel goeie reën verlede week op plekke in die Groter Oudtshoorn-distrik geval het, het die bergagtige dele min reën gekry met die gevolg dat damme wat van bergwater afhanklik is, nie water bygekry het nie.
Vlak 5-waterbeperkings geld wanneer die Raubenheimerdam tussen 30% en 40% is. Sodra die damvlak tot onder 30% daal, sal nog strenger waterbeperkings (vlak 6) geld.

Munisipale kennisgewings met inligting oor die waterbeperkings verskyn hieronder.

Onder vlak 5 word huishoudings tot 12 kl water per maand beperk en inwoners gevra om nie meer as 100 liter water per persoon per dag te gebruik nie. Die natlei van tuine, sportterreine, oop ruimtes en landbougrond asook die volmaak van swembaddens met munisipale drinkwater word verbied. Tuinslange mag nie gebruik word om voertuie te was of plaveisel af te spuit nie.

Oortreders kan ’n boete van R1 000 opgelê word.

Indien die damvlak onder 30% daal, sal beper­kings veel strenger word met huishoudings wat dan versoek word om nie meer as 50 liter water per persoon per dag te gebruik nie en nie meer as 6 kl per maand nie.

Die boete vir oortreders op vlak 6 is R5 000. (Deur Liesel le Roux)

1 Comment on "Streng waterbeperkings terug"

  1. Graham | 05/15/2021 at 20:30 |

    Why must paying consumers be punished with such measures when informal settlements are just allowed as much as they want. I drive past the settlement near the graveyard on the way to De Rust and taps are open(NO METER IN SIGHT). I PAY THEREFORE I MAY USE. restrict those who don’t pay. 😩😩

Comments are closed.