Streek se matrieks onder Top 10 in land!

Van die toppresteerders van die Hoërskool Oudtshoorn in die 2021-matriekeksamen spring van blydskap nadat hulle verlede Vrydag hul uitslae ontvang het. Van links is Sanchia Afrika, Adriaan Maartens, Lienke le Roux, Kara Hancke, Karla van Rooy, Armand Orffer en Ben Greeff. Skole in die Eden en Sentraal Karoo-onderwysdistrik, waaronder skole in Oudtshoorn en Kannaland val, het geskitter deur tweede uit agt distrikte in die Wes-Kaap te eindig asook binne die 10 top-onderwysdistrikte in die land. Foto: Stefan Skapie Goosen