Straathoek: Munisipaliteit ondersoek alternatiewe

Die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat op Oudtshoorn. Foto: Liesel le Roux

DIE Wes-Kaapse regering onder­steun nie die plasing van verkeers­ligte of vierrig­tingstoptekens by die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat op Oudtshoorn nie.

Volgens Aurelia Mle, woord­voerder van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, word in ’n ver­­slag van die provinsie wat die munisipaliteit ver­lede week ontvang het, aanbeveel dat sigafstande op dié straathoek opgelos moet word.

Die Groter Oudtshoorn Munisipa­liteit het egter aangedui hulle is vasbeslote om alternatiewe oplossings vir die talle botsings en verkeersdruk op dié kruising te ondersoek.

Die munisipa­liteit bestudeer tans die verslag saam met hul raadgewende ingenieurs.

Hikkie Marais, ’n sakeman wie se besigheid naby dié straathoek geleë is en wat onlangs ’n vergadering met verskeie rolspelers by die straathoek gereël het, het sy steun vir die munisipaliteit se inisiatiewe uitgespreek.

“Ons wil saamwerk om die verkeersprobleem op die straathoek aan te spreek.

“Daar is baie inwoners wat daardie straathoek gebruik en inisiatiewe sal ondersteun.” (Deur Liesel le Roux)