DIE Stompdriftdam, een van die Klein Karoo se landboudamme, het goeie water bygekry!
Volgens Riaan Kruger, bestuurder van die Stompdrift Kammanassie Watergebruikersvereniging, het die damvlak van 5% tot 22% gestyg nadat goeie donderbuie verlede Donderdag (12 Maart 2020) in dele van die Groot Karoo uitgesak het.
Gert Olivier het Vrydag foto’s op die Facebook-bladsy Karoo gedeel, van die Olifantsrivier wat sterk loop by Barandas se brug op pad na die Stompdrftdam.
Dié water het volgens hom vanaf die Trakarivier deur Toorwaterpoort die Klein Karoo binnegekom. (Deur Liesel le Roux)